Namakwa Civic Movement Logo

Our Leadership

Richie Cloete

Chairperson

As 'n kind wat gedurende die 80's in Namakwaland groot geraak het, was ons drome meestal inspireer deur TV programme omdat hier baie min buitengewone dinge hier plaaslik gebeur het. So as 'n jong kind het ek my drome opgemaak soos die tyd verloop het sodoende het ek 'n kragtige mede skepper van my eie realiteit op 'n baie jong ouderdom geword. Starting out as a social worker practitioner, I always had this long lost dream at the back of my head of becoming an actor like the ones in the TV shows I use to watch as a kid. I kept on pushing this aside until someone asked me this one life changing question: “What is the one thing you will regret not doing at the end of your life?” My answer: “Being an actor!” Much inspired by my love for people and artistic entertainment I became an accomplished professional actor with a distinction in the Advance Performance, My Diploma covers speech as well as drama. With my social work background and my new found passion for the arts and people from different walks of life, I became even more driven to help people to change their realities. What I bring to any work environment is strong leadership, creativity, passion and purpose. I have excellent communication, negotiation and facilitation skills demonstrated throughout my life and extensive work experience as facilitator, radio presenter, motivational speaker, offender manager, actor, social worker, and nine years of work and travel in the United Kingdom. As an individual I am ambitious and highly motivated. Testimony to this is my successful transition from a twenty-year career as a social worker to becoming an actor and now to grow and develop people in my personal capacity as a private social worker and business owner. All achieved through maintaining exacting standards. The proof is always in the pudding and this can be verified as proven by my testimonials on my website (rcconsultancy.co.za) - Richie Cloete

Mnr. Stevan Balie

Deputy-Chairperson

Steven Balie is gebore in Vioolsdrift langs die Oranjerivier. Hy gaan bly as jong seun by sy ouma in Steinkopf, waar hy sy skoolloopbaan voortsit en by Steinkopf Hoërskool matrikuleer. Hy was een van die eerste bruin kinders uit Vioolsdrift wat matriek behaal. Na skool sluit hy by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aan waar hy 15 jaar diensbaar as polisiebeampte was. Na hierdie termyn betree hy die versekeringsbedryf waar hy as finansiële adviseur vir Assupol Life werk. Steven is al vir die afgelope 30 jaar woonagtig in Nababeep waar hy op verskeie gebiede diensbaar vir sy gemeenskap was. Hy is al vir 'n tweede termyn deel van die wykskomitee vir gemeenskapsveiligheid. Hy dien ook op die kerkraad en is 'n lid van die Christelike Afhanklikheidsbediening waar hy werk om sy gemeenskap op te hef. Steven is 'n mense-mens en is opgewonde om sy gemeenskap en die hele Namakwa onder vaandel van die NCM te dien.

Dr. Calvino Watt

Secretary

Dr Calvino Watt is ‘n trotse Namakwalander wat grootgeword het in Bergsig. Hy het sy laerskool loopbaan voltooi in Bergsig, waarna hy sy sekondêre opleiding aan die Hoërskool Namakwaland voltooi het. Hy verwerf ‘n graad in Medisyne van die Universiteit van Stellenbosch in 2011. Na voltooiing van sy mediese internskap in Kimberley, keer hy terug na Namakwaland en vestig hom daar. Calvino is passievol oor sy gemeenskap en stap altyd die ekstra myl vir sy pasiënte. Verder het hy ook ‘n diep liefde vir onderwys en help graag leerders in sy vrye tyd met wiskunde en wetenskap. Calvino voel sterk daaroor dat die die rykdomme wat so gereeld Namakwaland verlaat, moet mandaat word om herbenut te word in ons eie mense. Gemeenskapsopleiding en jeugontwikkeling gaan deel vorm van sy portefeulje wat hy binne die beweging gaan koester. Calvino is oortuig daarvan dat die jongmense moet die leisels optel om die welvaart van ons distrik vir generasie wat kom te verseker. “Dit is ons sosiale verantwoordelikheid en ons aanvaar dit heelhartig.”

Venah Coetzee

Deputy-Secretary

Hendriena het geen bekendstelling nodig in Namakwaland. Sy is 'n mense-mens wat omgee vir haar gemeenskap. Hendriena het haar laerskool loopbaan voltooi aan Marais Gedenk op Hondeklipbaai. Sy het tot graad 9 by Hoërskool Garies skool gegaan, waarna sy die res van haar hoërskool loopbaan aan Hoërskool Steinkopf voltooi het. Sy verwerf haar B.Sc (Arbeidsterapie) aan die Universiteit van Wes-Kaapland. Sy is werksaam by Springbok Hospitaal en doen gereeld uitreike in die Namakwa distrik. Hendriena is die prominente unie verteenwoordiger in die gesondheidsektor in die Noord-Kaap. Sy is 'n aktiewe lid van die Lutherse Kerk en is passievol oor jeug ontwikkeling. Sy is enkelma van 'n jong seun en "optel moeder" van baie ander kinders. Sy het 'n afsku vir onregverdigheid en vedra dit nie as mense neersien op ander. Haar filosofie kom uit Galassiërs 6:9 "moet nooit moeg word om goeie dinge te doen nie en op die regte tyd sal jy die vrugte pluk van jou goeie dade"

Malcolm Grace

Treasurer

Malcolm word groot op Koingnaas, waar politiek so 'n vaagweg gedagte was vanweë die "beskermdheid" agter die hekke van De Beers. Hy word groot met hierdie droom dat hy eendag sal deel wees van die gemeenskap in Bergsig, wanneer hy en sy familie gereeld naweke en vakansies by ouma en oupa gaan kuier het. So dit was altyd sy droom om as dit die wil van die Here is en hy in Namakwaland moet woon, dat dit in Bergsig sal wees. In 2011 word dit vir hom 'n werklikheid toe hy in Springbok begin werk, eers in die bankwese en daarna as Finansiele Adviseur. Hier vat die werk hom na die Kamiesberge en die Hantam waar hy mense ontmoet wat so baie bygedra het tot die vorming van wie hy vandag is en die denke wat hy vandag het. "I worked in these communities, serving in many different ways. Building, supporting and helping where and when I am able... Always willing." Malcolm brings with him the ability to negotiate and to reason. His ability to identify needs and use what he has at his disposal to uplift, educate and motivate his communities. "I joined this movement to bring about change, the change that we as the voters want to see. The change that we were promised, because this movement will be the change."

Anneke Julie

Executive Member

Anneke Julie, ‘n gebôre Namakwalander, xhou -kjend, tans woonagtig in Matjieskloof, getroud met 3 kinders. Sy ken die lief en leed van ons mense. Sy is ‘n sterk en dinamiese vrou, ‘n leier in eie reg en staan vir die vooruitgang en opheffing van haar gemeenskap, daarom haar betrokkenheid by die wykskomitee. Mev Julie is ‘n organiseerder, alles word tot in die fynste detail beplan voordat dit aangepak word. Sy is nougeset op tyd en haar woord. Anneke kies die NCM as haar politieke voertuig, want sy stel etiese leierskap hoog op prys en glo dat die NCM verbetering sal meebring.

Donne-Lee Jano

Executive Member

Donne-Lee Jano is iemand wat op sy kreatiewe manier verandering bring daar waar dit nodig is. Hy is gebore in die Weskus, maar sy wortels is diep gesetel in Onseepkans. “Noem my sommer ‘n Weskus-Namakwa-Boesmanland-kjeend.” Hy is ‘n onderwyser in Onseepkans met 4 jaar ondervinding. In hierdie tyd het hy deel geword van ‘n sfeer mense in Witbank en Onseepkans waar hy diep spore geloop het. “Ek weet ek is ‘n force to be reckoned with in die onderwys en sal dieselfde energie bring op die politieke front” Donne-Lee kies die NCM as sy politieke voertuig, want hy is oortuig daarvan dat Namakwaland se mense is gereed vir transformasie en benodig opnuut hoop in die politiek. “Hier is ‘n vars baba, die NCM, wat vir ons die geleentheid bied om verander in Namakwa mee te bring.” Hy sê NEE vir wanadministrasie en korrupsie. “Ek is gereed vir verandering, is jy?”

Hilton Nel

Executive Member

Hilton Diego Nel is gebore in Pofadder en het daar opgegroei. Hy het oor die jare heen 'n deftige leierskapsportefeulje opgebou. Hierdie leierskapstolle strek oor die spektrum van kerk, skool en sport. Hy staan nie terug vir gemeenskapswerk en is gebore in 'n familie wat hartsmense is en dienslewer met oorgawe. Hy was selfs 'n reservis vir 7 jaar. In sy vrye tyd geniet hy om kortverhale te skryf en dig ook graag. Hy was n kinderversorger by Bright Lights Pofadder in 2003 en was ook die voorsitter van die gemeenskapsforum by PIA Solar. Hilton is n familieman en is getroud met Liezel en het 4 kinders uit hierdie huwelik. Hy stel homself diensbaar om die mense van Namakwaland te dien.